Kaart/Aanwysings
Text Box: Ons is OOP!!!

KAART/AANWYSINGS...

AANWYSINGS:

Vanaf Swellendam: Ry met N2 verby Buffeljags BP vulstasie, draai links by die Suurbraak/Barrydale afrit. Ry deur Suurbraak en volg die teerpad tot dit grondpad word. Op die grondpad, ry 5,3 km (ignoreer die Heidelberg afdraai na regs), volg die Grootvadersbosch bord. Na n verdere 1,4 km by n T-aansluiting, draai links. Ry 1,3 km tot by vurk in die pad, hou regs (Grootvadersbosch is na links) en volg die Noukrans Boskamp borde.

 

Vanaf Heidelberg: Vanaf N2 draai af by Wimpy/Engen en Caltex vulstasies. Ry reguit met Eksteen straat en hou reguit aan oor 3 STOP-tekens. By 4de STOP-teken, draai links. Daar is n Barrydale bord. Hou reguit aan met teerpad oor die treinspoor. 1,8 km na grondpad begin het, draai regs by Goedehoop bord. Ry nog 4,5 km tot by vurk in die pad, hou regs (Grootvadersbosch is na links) en volg die Noukrans Boskamp borde.