Rels en Regulasies
Text Box: Ons is OOP!!!

RELS EN REGULASIES...

 

 Hier respekteer ons God se natuur, ons medemens en alle diere - mak en wild.

 Ons wil graag n gesinsvriendelike en veilige fasiliteit skep en daarom is die volgende rels belangrik:

  GEEN eiendom (bome/plante/diere/weidings/strukture/voertuie/implemente/heinings) mag beskadig, beseer of sonder toestemming genader word nie.

  GEEN diere mag gejag, gejaag of gevang word nie.

  Ongelukkig kan geen troeteldiere saamgebring word nie.

  Hekke moet asb oop/toe gelos word soos wat dit was.

  Kinders moet te alle tye onder toesig wees voertuie, trekkers en diere kry altyd voorkeur op al die paaie.

 Kampeeerders/besoekers gebruik alle fasiliteite op eie risiko.

  Die eienaars van Noukrans Boskamp kan geen verantwoordelikheid aanvaar vir verliese en/of beskadiging van kampeerders se toerusting nie.

  Geen water mag gemors word of gebruik word vir die was van karavane/voertuie ens nie.

  Vure moet asb in die beskikbare dromme gemaak word en te alle tye onder toesig wees en nie brandend/smeulend gelaat word nie. Blus alle vure asb met sand of water.

  Los asb die ablusiegeriewe in die toestand wat jy dit sou wou kry.

  Gooi asb alle afval in die beskikbare swart dromme (daar is bobbejane in die berg). Moenie kos laat rondl nie en ook geen diere voer nie.

  Moet asb nie in die ablusiegeriewe rook nie. Hou asb die veiligheidshekke te alle tye toe.

  Alle klagtes, waterlekke of ander probleme moet asb so gou moontlik aangemeld word.

  Deposito van 50% word verlang met bevestiging van bespreking. Res van die geld kan vooraf betaal word, of op dag van aankoms kontant betaal word. Ons het ongelukkig geen kaartfasiliteite nie, u kan wel rel om n EFT te kom maak.

  Deposito sal verbeur word, in geval van kasellasie, indien minder as 14 dae kennis gegee word.

 Indien kansellasie langer as 14 dae vooruit gemaak word, sal slegs R100 administrasiefooi afgetrek word.

  Afslag vir groepbesprekings is moontlik en beskikbaar, vra gerus!